‘n Vrystaatse tiener verskyn in die hof vir moord
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 20
- 1 min read
Die 16-jarige Vrystaatse seun wat glo ‘n agtjarige dogtertjie vermoor het omdat sy perskes gesteel het - se saak is in die Senekal-landdroshof tot Maart uitgestel.
Luidens ‘n mediaverklaring word die verdagte in ‘n plek van veiligebewaring aangehou.
Die dogtertjie se liggaam is in ‘n blou drom in hul bure se huis gevind nadat haar tannie haar as vermis aangemeld het.
Die polisie het die tienerseun wat langs die tannie bly by die skool gaan haal, en hy het erken dat hy die oorledene met 'n klip geslaan het omdat sy perskes gepluk het.
Volgens hom het hy gesien dat die dogtertjie bewusteloos was, en het besluit om haar liggaam in die drom te sit.







Comments