‘n Vrystaatse universiteit installeer die hoogste weerstasie in Suider-Afrika
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 17
- 1 min read
Die hooste weerstasie in Suider-Afrika is deur die Universiteit van die Vrystaat en die Afromontane Navorsingseenheid (ARU) geïnstalleer.
Die weerstasie is bo-op die Amfiteater in die Maloti-Drakensberge, 3 100km bo seespieël, geleë.
Luidens ‘n aanlyn artikel sal dié baanbrekerstasie intydse klimaatdata verskaf, wat krities is om een van Afrika se mees onderbestudeerde ekosisteme - die alpiene sone, te verstaan.
Volgens ARU se direkteur, Ralph Clark, bied die stasie ‘n nuwe perspektief na die omgewingsprosesse wat bergekosisteme vorm, wat noodsaaklik vir watersekerheid en biodiversiteit is.






Comments