‘n Vrystaatse-vlugteling sê sy sien uit daarna om weer behoorlik te kan slaap

May 15, 2025
1 min read
Een van die 49 Afrikaners wat die afgelope week as vlugteling na Amerika vertrek het, sê sy sien uit daarna om weer behoorlik te kan slaap. Maroela Media berig die eienaar van ʼn gasteplaas in die Vrystaat, Thea van Straten, het met ʼn afgetrede Amerikaanse weermagkolonel, kolonel Chris Wyatt, in ʼn aanlyn onderhoud gesels. In die onderhoud sê Van Straten sy het die afgelope jare sleg geslaap omdat haar onderbewussyn só geprogrammeer is om “vir die kleinste dingetjie wakker te word”. Van Straten vertel vier aanvalle het die afgelope twee jaar op die gasteplaas plaasgevind. Sy is ernstig beseer in een van die aanvalle. Die jongste aanval was ná sy vir vlugtelingstatus aansoek gedoen het.








Comments