top of page

'n Vrystaatse vrou beswyk aan aanranding-beserings

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 2
  • 1 min read

'n Vrou van Senekal in die Vrystaat is aan ernstige beserings dood wat sy glo tydens langdurige aanranding deur haar kêrel opgedoen het.


Netwerk24 berig volgens die polisie in die Vrystaat is die vrou vroeg in Desember 2025 in die Tambo-afdeling in Matwabeng, Senekal, glo deur haar kêrel ontvoer en ses dae lank aangehou. Na bewering is sy in dié tyd met ’n stomp voorwerp aangerand.


Sy is in ’n plaaslike hospitaal opgeneem en die polisie het die verdagte op die dieselfde dag in hegtenis geneem. Sy is ontslaan, maar dae later weer weens komplikasies opgeneem.


Toe die polisie van haar dood ingelig is, is die aanvanklike saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer na moord verander. Die verdagte bly in aanhouding en sal binnekort in die landdroshof in Senekal verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page