top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Vrystaatse vrou is tronk toe vir bedrog

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 24
  • 1 min read

’n Vrou van Sasolburg in die Vrystaat, is tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis nadat sy byna een miljoen rand by ’n maatskappy gesteel het deur bankbesonderhede te manipuleer.


Volgens die Parys Gazette het die 53-jarige Janine Scheepers kliënte se bankinligting verander sodat betalings na haar eie rekening oorgeplaas kon word.


Die Sasolburgse landdroshof het haar skuldig bevind op aanklagte van bedrog en geldwassery.


Die hof het gehoor dat die misdade oor ’n tydperk van byna twee jaar plaasgevind het en dat sy met 45 aanklagte van bedrog en 45 aanklagte van geldwassery verbind word.


Haar huis, met ’n beraamde waarde van sowat R900 000, is intussen deur ’n batebeslagleggingsbevel gekonfiskeer en aan die klaers toegeken.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page