‘n Vrystaatse vrou kry 8 jaar tronkstraf vir haar man se moord
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 hour ago
- 1 min read
'n 62-jarige Vrystaatse vrou is tot 'n effektiewe agt jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op haar vervreemde man.
Volgens Vista is Linda van den Heever is Vrydag in die hooggeregshof in Welkom gevonnis nadat sy haar man, André van den Heever, in Desember 2021 ná 'n huishoudelike rusie doodgeskiet het.
Die hof het bevind dat die moord met voorbedagte rade gepleeg is, maar dat daar dwingende omstandighede was om van die voorgeskrewe lewenslange tronkstraf af te wyk.
Sy is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, waarvan sewe jaar vir vyf jaar opgeskort is. Die hof het haar ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.








Comments