top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Vrystater in onderwyskringe is voor vir die versuim om seksuele mishandeling aan te meld

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 20
  • 1 min read

Voormalige skooladministrateur en predikant, Izak Greyling, het in die landdroshof in Excelsior in die Vrystaat verskyn op 'n aanklag wat verband hou met die beweerde versuim om die seksuele mishandeling van 'n kwesbare persoon aan te meld.


IOL berig die saak dien reeds sedert 2020 voor die hof. Greyling word as onskuldig beskou totdat skuld bo redelike twyfel bewys is.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder toe die bewerings aanvanklik aan die lig gekom het, was Greyling die hoof van die Ezekiel Christian School in Tweespruit.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Greyling het later as skooladministrateur gedien, waarna hy hangende 'n interne ondersoek geskors is. Hy het egter bedank voordat dié proses afgehandel is. Volgens die huidige skoolhoof, Leon Sounes, het Greyling geen verdere betrokkenheid by die skool nie. Sounes wou nie kommentaar lewer nie omdat die saak voor die hof is. Greyling het aanvanklik gesê hy het probeer om die inligting by die polisie aan te meld, maar is na bewering meegedeel dat hy nie 'n saak kon open nie omdat hy nie die ouer of die slagoffer was nie. Dié beweerde interaksie kon nie onafhanklik bevestig word nie.


Die verrigtinge is uitgestel tot 10 November 2026 vir verdere aanhoor.


Izak Greyling. FOTO: IOL
Izak Greyling. FOTO: IOL

 
 
 

Comments


bottom of page