top of page

'n Vrystater is as vragmotorbestuurder van die jaar aangewys

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 26
  • 1 min read

'n Jong man van Botshabelo is as die Shoprite Groep 2025 se Vragmotorbestuurder van die Jaar aangewys.


Nova News berig die gesogte toekenning word al vir 13 jaar aan vragmotorbestuurders van dié groep gemaak. Te danke aan Sandile Sitsholwana se vermoë om deurentyd hoë standaarde van padveiligheid te handhaaf en veilige aflewerings te doen, is hy as die wenner tussen meer as 1600 vragmotorbestuurders in Suid-Afrika en buurlande aangewys.


Die 13 finaliste is op hul teoretiese kennis van padreëls, voertuigklassifikasie en maatskappy-beleide getoets, gevolg deur 'n praktiese toets op die toetsgronde sowel as die pad.


Sitsholwana het hom verlede jaar by die Shoprite-groep aangesluit nadat hy sedert 2013 taxi's bestuur. Hy sê sy liefde vir die langpad en om konneksies met mense te vorm het hom aangespoor om 'n bestuurder te word.


Sandile Sitsholwane. FOTO: Nova News
Sandile Sitsholwane. FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page