‘n Vrystater is vas oor koperkabels
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 21, 2025
- 1 min read
’n 57-jarige Vrystater is in Parys vir die besit van vermoedelik gesteelde koperkabels in hegtenis geneem.
Parys Gazette berig 286kg kabels ter waarde van ongeveer R6 552.00 by ‘n skootwerf in die dorp se nywerheidsgebied gekry.
Polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani sê daar word vermoed dat die kabels, wat in ‘n kamer op die perseel gekry is, by Telkom, Eskom en die plaaslike munisipaliteit gesteel is.
Tydens die operasie is daar ook ‘n padblokkade gehou en verskeie tweedehandse handelaars en persele met dranklisensies is besoek.
Verskeie boetes is tydens die operasie uitgereik.







Comments