top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Vrystater is vir ‘n dubbele moord skuldig bevind

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

'n Vrystater is in die hooggeregshof in Kroonstad aan die moord op sy meisie en haar 18 maande oue dogtertjie skuldig bevind.


Die Vrystaatse polisie sê Pule Tshabalala is ook aan regsverydeling skuldig bevind en sal na verwagting op 27 Augustus gevonnis word.


Die liggame van die vrou en haar dogter is op Oujaarsdag 2024 in 'n huis in Ntha naby Lindley aangetref.


Dit nadat die polisie 'n klagte oor 'n sterk reuk ontvang het.


Weens die gevorderde stadium van ontbinding is die slagoffers later met DNS-toetse uitgeken.


Die saak is deur die Vrystaatse Moord- en Roofeenheid ondersoek.


Ter illustrsie. FOTO: Unsplash
Ter illustrsie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page