top of page

‘n Vrystater moet hof toe ná hy glo ‘n BKS-inspeksie weier

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6 days ago
  • 1 min read

‘n Man van Heilbron in die Vrystaat wat glo geweier het dat staatsamptenare toegang tot sy eiendom kry om ‘n bek-en-klouseer-inspeksie te doen sal volgende week in die hof verskyn.


Landbouweekblad berig die man se eiendom is binne ‘n radius van 10km van ‘n eiendom waar BKS voorkom.


Volgens polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani is die man ingevolge ‘n beweerde oortreding van die Wet op Dieregesondheid in hegtenis geneem.


Dit is onduidelik of hy tot sy hofverskyning in aanhouding sal bly.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

Comments


bottom of page