'n Vrystater se deernis verander sy lewe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 days ago
- 1 min read
'n Vrystater wat verlede jaar sy hond sowat 15km gedra het om haar lewe te probeer red, werk nou by die Virginia DBV.
Volgens inligting wat op dié DBV se Facebook-blad gedeel is, het Sello Mabothe se verhaal 'n weldoener geïnspireer om sy aanstelling by die DBV te borg.
Sello het verlede jaar sy hond, Option, na die DBV gedra nadat sy deur 'n voertuig raakgery is.
Vandag is hy deel van die Virginia DBV-span, waar hy na kwesbare, beseerde en bejaarde diere omsien.
Volgens die DBV het Sello 'n besonder sagte geaardheid en bring hy hoop en veiligheid aan diere wat versorging nodig het.
Die organisasie sê een daad van deernis het nie net Sello se lewe verander nie, maar ook dié van talle diere wat hy nou elke dag help.








Comments