top of page

'n Vrystater sit lank vir moord nadat hy homself ook steek

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 18, 2025
  • 1 min read

Die Harrismith-hooggeregshof in die Vrystaat het ‘n man tot 22 jaar direkte gevangenisstraf vir moord gevonnis.


Madudu Edward Mofokeng het die slagoffer, Puleng Maleka, verskeie kere met 'n mes gesteek toe sy weier om saam met hom te loop nadat hulle by vriende se huis aangekom het.


‘n Polisiewoordvoerder, sersant Sinah Mpakane, sê hy het haar toe gedwing om die perseel te verlaat en haar aangehou steek terwyl hulle geloop het. Sy het inmekaar gesak en is op die toneel dood verklaar.


Mofokeng het homself ook met dieselfde mes in die nek gesteek. Hy is na die Manapo-hospitaal geneem en later op aanklagte van moord in hegtenis geneem.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page