'n Vrystater veg vir sy lewe ná 'n motorfietsongeluk in Amerika
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
'n Vrystaatse man was in 'n motorfietsongeluk in Amerika betrokke, en is in 'n kritieke toestand in die hospitaal.
Die oudleerling van die Bethlehem Voortrekker Hoërskool, Sev Oosthuizen, werk op ’n seiljag wat tussen Nieu-Engeland in Amerika en die Bahamas vaar.
Netwerk24 berig Oosthuizen was na verneem word Woensdag in ’n motorfietsongeluk in Fort Lauderdale, Florida, betrokke. Hy was Donderdagmiddag nog op ’n ventilator in ’n hospitaal in die stad.
Sy ma, Mariza, sê die familie weet nie presies wat gebeur het nie, en hulle wag nog op 'n oproep van die dokter, sowel as ’n polisieverslag van die ongeluk. Die familie wou nie verder kommentaar lewer nie.








Comments