top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n VS baba is dood weens 'n verlengde kragonderbreking

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 16
  • 1 min read

'n Nege maande oue baba is dood nadat 'n verlengde kragonderbreking in Harrismith in die Vrystaat haar noodsaaklike suurstofmasjien buite werking gelaat het.


Netwerk24 berig Eve Tshabalala sê haar dogtertjie, Bonolo, het sedert haar geboorte ernstige komplikasies met haar longe en was sy voortdurend van ’n suurstofmasjien afhanklik om asem te haal. Toe die krag egter lank af was, kon die toestel haar nie meer ondersteun nie.


Tshabalala sê haar hartseer word vererger deur die gevoel dat haar kind se dood voorkom kon word.


Sy sê verteenwoordigers van die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit het ná Bonolo se dood om verskoning kom vra, maar dit bring nie haar kind terug nie. Die munisipaliteit het wel intussen pogings aangewend om ’n tydelike oplossing te bied en werk glo aan ’n meer volhoubare oplossing.


Tshabalala sê egter dit is onaanvaarbaar dat haar kind eers moes sterf voordat iets gedoen word.


Die munisipaliteit het nie gereageer nie.


Ter illustrasie. FOTO: The Citizen
Ter illustrasie. FOTO: The Citizen

 
 
 

Comments


bottom of page