‘n VS dorp is een van die land se top vyf om in te woon

7 hours ago
1 min read
Clarens in die Vrystaat is aangewys as een van die beste klein dorpies in Suid-Afrika om in te woon. Die dorp het vyfde geëindig in Daily Maverick se Small Towns of the Year 2025, met ’n algehele telling van 87,8%.
Business Tech berig die dorpe is beoordeel volgens netheid, munisipale prestasie, gemeenskapsgees, veiligheid, natuurlike omgewing, gesinsvriendelikheid en konnektiwiteit. Die publikasie het ook die sogenaamde “M-faktor” in ag geneem, wat dit beskryf as die unieke atmosfeer en karakter van ’n dorp.
Clarens het 88% vir netheid, 80% vir munisipale prestasie, 80% vir gemeenskap, 90% vir veiligheid, 90% vir natuur, 100% vir gesinsvriendelikheid en 90% vir konnektiwiteit behaal.








Comments