top of page

'n VS dorp se sportgeriewe is vervalle

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 56 minutes ago
  • 1 min read

Die sportgeriewe in Ebenhaershoogte in Wepener in die Vrystaat is vervalle, met die gimnasium en geriewe wat kaal gestroop en weggedra is.


Netwerk24 berig die DA-LPW en -burgemeesterskandidaat in die Mangaung-metro, Werner Pretorius, sê die sportgeriewe in die dorp is deur die Mangaung-metro aan verval oorgelaat. Op foto’s kan gesien word dat die water van die vervalle swembad groen en vuil is. Die gimnasium en ander geriewe is kaal gestroop, met elektriese kabels wat van die hoë masligte van die sportbane verwyder is. Pretorius sê die rugbyveld is ook in ’n slegte toestand.


Sy groot bekommernis is dat daar niks vir die kinders is om na-uurs in Wepener te doen nie, en veral in moeilike ekonomiese omstandighede, is dwelmgebruik, misdaad en tienerswangerskappe altyd ’n probleem.


Die waarnemende woordvoerder van die metro, Nicolette Maysiels, het nie gereageer nie.


FOTO: Verskaf / Netwerk24
FOTO: Verskaf / Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page