top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n VS hospitaal kry 14 nuwe ambulanse

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 17
  • 1 min read

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het Woensdag 14 nuwe ambulanse by die Bongani-streekhospitaal in Welkom oorhandig. Die vloot sluit sewe ambulanse vir

Lejweleputswa, drie vir Fezile Dabi en vier vir die Thabo Mofutsanyana-distrik in.


Die oorhandiging vorm deel van ’n provinsiale plan om noodmediese dienste te versterk, met 103 ambulanse wat gedurende die 2026-’27-boekjaar regoor die Vrystaat afgelewer sal word.


Die LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi, het inwoners aangespoor om te help om padongelukke, geslagsgebaseerde geweld en ander voorvalle wat druk op nooddienste plaas en reaksietye vertraag, te verminder.


Ter illustrasie. FOTO: Expatica
Ter illustrasie. FOTO: Expatica

 
 
 

Comments


bottom of page