top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n VS huis brand af nadat die brandweer nie opdaag nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 24
  • 1 min read

'n Huis in Odendaalsrus in die Vrystaat het ten gronde gebrand nadat brandweerdienste nooit opgedaag het nie, en boonop was daar nie water om die brand mee te blus nie.


Netwerk24 berig Mariaan Lourens was nie ten tyde van die voorval tuis nie. Haar ma was tuis, en het ’n harde “klapgeluid” gehoor wat soos ’n ontploffing geklink het. Die dak het ineen gestort en sy het besef die huis brand.


Haar ma het probeer om die vlamme te blus, maar kon niks regkry nie. Sy het later gesukkel om asem te haal weens die rook en het om hulp geroep. Die bure het probeer help, maar die tekort aan water het die taak bemoeilik.


Lourens sê mense het verskeie kere die brandweer gebel, maar kon niemand bereik nie. Die brandweer het toe nooit opgedaag nie. ’n Plaaslike maatskappy, Hazquip, is ook gebel om te help om die brand te blus, maar dit was vergeefs.


Die munisipale woordvoerder, Tshediso Tlali, het nie op navrae gereageer nie.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page