top of page

'n VS ingenieur skryf 'n kinderboek oor sonkrag

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 9 hours ago
  • 1 min read

‘n Vrystaatse ingenieur het ‘n kinderboek geskryf wat daarop gemik is om jong Suid-Afrikaners te help om hernubare energie te verstaan.


EWN berig Ntitiseng Moloi sê sy het die boek, Winnie Catches the Sun, geskryf om te verseker dat kinders hulself as bekwame probleemoplossers in wetenskap en tegnologie sien. Sy voeg by sy sou graag self as kind oor dié onderwerp wou leer.


Die boek verduidelik sonkrag deur die verhaal van ‘n jong meisie wat leer hoe sonlig elektrisiteit tydens ‘n kragonderbreking kan opwek.


Moloi sê die selfgepubliseerde boek het goeie reaksie van kinders ontlok, soos deur ouers gerapporteer.


FOTO: EWN
FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page