'n VS laerskool se bibilioteek word beroof
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 10
- 1 min read
'n Laerskool in Reddersburg in die Vrystaat se biblioteek is beroof, en verskeie Samsung-tablette wat deur leerders gebruik word, is gesteel.
Die opsigter het Vrydagoggend die inbraak ontdek, en die skoolhoof in kennis gestel. Volgens 'n polisieverklaring het lede by die toneel opgedaag en ’n voorlopige ondersoek uitgevoer, wat aan die lig gebring het dat die verdagtes toegang tot die gebou verkry het deur ’n venster te breek.
Ná die aanvanklike verwerking van die misdaadtoneel is drie verdagtes tussen die ouderdomme van 14 en 16 jaar in hegtenis geneem, en 11 van die tablette met ’n geskatte waarde van R27 500 is teruggevind.
In ooreenstemming met die Kinderwet en aangesien die verdagtes minderjarig is, is hulle in die sorg van hul ouers of voogde vrygelaat. Hulle sal na verwagting binnekort vir die eerste voorlopige verskyning in die Reddersburg-landdroshof verskyn.








Comments