'n VS-leerder is glo by 'n skool vir dowes en blindes aangerand
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 8
- 1 min read
Die Vrystaatse Departement van Onderwys het 'n ondersoek van stapel gestuur nadat 'n 18-jarige leerder na bewering deur 'n personeellid by die Thiboloha-skool vir Dowes en Blindes in QwaQwa aangerand is.
Volgens die departement is die voorval glo deur twee koshuisouers en 'n onderwyser waargeneem.
Die leerder is onmiddellik by die skoolkliniek ondersoek, waarna die saak na die departement se arbeidsverhoudinge-afdeling verwys is vir verdere ondersoek.
'n Strafsaak is by die polisie geopen en die departement sê hy sal ten volle met die ondersoek saamwerk.








Comments