top of page

'n VS man is geskiet tydens sy inhegtenisname vir moord op sy oom

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 21 hours ago
  • 1 min read

'n Man van Harrismith in die Vrystaat is in hegtenis geneem vir die beweerde moord op sy bejaarde oom.


Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê in 'n verklaring die verdagte het homself dieselfde dag in sy huis toegesluit toe hy besef die polisie is daar, en met sy inhegtenisname het hy hulle met 'n mes aangeval. Die verdagte is in die proses in sy been geskiet en beseer.


Tydens 'n inspeksie het polisie beslag geneem op 'n bebloede graaf, wat vermoedelik vir die beweerde moord gebruik is, dwelms, ammunisie en die mes waarmee polisie aangeval is.


Die verdagte sal na verwagting Woensdag voor die Harrismith-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, aanranding, onwettige besit van 'n wapen, onwettige besit van ammunisie, en die besit van dwelms.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page