'n VS man is gevonnis vir die moord op 'n bejaarde
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 28
- 1 min read
Die Hennenman-streekhof in die Vrystaat het ‘n man tot lewenslange tronkstraf vir moord en 15 jaar tronkstraf vir huisbraak gevonnis. Die vonnisoplegging spruit voort uit ‘n voorval wat in 2020 plaasgevind het.
Die hof het gehoor hoe die beskuldigde op die dag van die voorval die huis van ‘n bejaarde man binnegegaan het. Die slagoffer was ten tyde van die insident saam met sy 10-jarige kleinseun aan die slaap. Die kleinseun het gesien hoe die beskuldigde die slagoffer verwurg, terwyl sy 15-jarige neef gedwing is om ‘n lap in die slagoffer se mond te druk.
Die 10-jarige het toe na sy ma se pondok gehardloop vir hulp en verduidelik wat hy gesien het.








Comments