top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n VS man is in sy voertuig doodgeskiet

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 4 days ago
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat ondersoek ’n saak van moord nadat ’n man noodlottig in ’n voertuig naby sy huis in Phahameng in Bultfontein geskiet is.


Volgens 'n polisieverklaring is die polisie ontbied ná ’n skietvoorval in die Phahameng-omgewing. Die slagoffer is in ‘n voertuig gevind, met ’n skietwond in sy nek.


Volgens inligting was die slagoffer buite besig om voertuie in die motorhuis te parkeer. Toe hy op die punt was om die derde voertuig te parkeer, het sy vrou en dogter wat binne die huis was, na bewering twee skote hoor afgaan.


Die motief vir die moord is in hierdie stadium onbekend.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page