top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n VS man is swaar vir vergragtings gevonnis

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 20
  • 1 min read

Updated: Apr 21

Die Phuthaditjhaba-streekhof in die Vrystaat het ’n man tot ’n gesamentlike 36 jaar gevangenisstraf gevonnis vir twee verkragtingsveroordelings. Die hof het twee afsonderlike 18-jaar vonnisse opgelê vir voorvalle wat in 2024 en 2025 in die Qwaqwa-gebied plaasgevind het.


Die polisie sê die beskuldigde is kort ná beide voorvalle in hegtenis geneem en het in aanhouding gebly tot en met sy vonnisoplegging.


’n Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, het die uitslag verwelkom en ondersoekbeamptes geprys vir die verkryging van die skuldigbevindings, en herbevestig dat ernstige misdade tot swaar strawwe sal lei.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page