top of page

'n VS man is vas vir die moord op sy jong seun

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 days ago
  • 1 min read

'n Man van Fouriesburg in die Vrystaat het na bewering sy ses-jarige seun met 'n houtstok voor sy ouma aangerand en vermoor.


Sy het hom glo gevra hoekom hy sy kind aanrand, waarop hy glo geantwoord het dat hy kan maak soos hy wil met sy kind. Dit is die laaste wat die ouma haar kleinseun gesien het.


Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê in 'n verklaring 'n gemeenskapslid het drie dae later die huis binne gekom en opgelet dit is baie deurmekaar en donker in die een kamer. By nadere inspeksie met 'n selfoonlig is die kind onder die bed gekry.


Die polisie en nooddienste is ontbied, en die seun is op die toneel dood verklaar. Daar was sigbare kneusplekke.


Die verdagte is in hegtenis geneem en sal Dinsdag op aanklagte van moord in die Fouriesburg-landdroshof verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page