'n VS man sit lewenslank vir die verkragting van sy stiefdogter

'n Man van Dinaweng in die Vrystaat is lewenslange tronkstraf opgelê nadat die jong slagoffer haar onderwyser vertel het hoe haar stiefpa haar gereeld verkrag.
Volgens polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, het die slagoffer onthul dat haar stiefpa haar in 2025 geteiken het wanneer haar ma onder die invloed van alkohol was. Hy sou wag totdat die kind in die bed was, haar mond met sy hand toehou, en haar daarna verkrag.
Die onderwyser het die erns van die situasie besef en die polisie onmiddellik in kennis gestel.
Die hof het die stiefpa op al die aanklagte van verkragting skuldig bevind en hom tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Die polisie doen 'n beroep op opvoeders, bure en gemeenskapslede om waaksaam te bly en enige tekens van kindermishandeling by die owerhede aan te meld.









Comments