top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n VS man sit lewenslank vir verkragting

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 29
  • 1 min read

'n Man is in die streekhof van Theunissen in die Vrystaat tot lewenslange gevangenisstraf vir verkragting gevonnis.


Sersant Palesa Thabana sê in 'n polisieverklaring Matebesi Papikie Bambiso en 'n medepligtige het die slagoffer aangeval toe sy huis toe stap vanaf ’n tradisionele seremonie. Sy kon een van hulle as "Papi" identifiseer.


Tydens die aanval is die slagoffer aan die linkerkant van haar kop met ’n klip geslaan. Albei mans het haar verder aangerand en verkrag.


In die oortuiging sy dood was, het die verdagtes haar agtergelaat. Die slagoffer het egter opgestaan en hulp by die Theunissen-polisiestasie gaan soek, waar ’n saak van verkragting geregistreer is.


Die beskuldigde is borgtog geweier en het tot en met sy skuldigbevinding in aahhouding gebly.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page