‘n VS man verkrag glo sy sangoma-vrou

Aug 19
1 min read
'n Man van Zastron in die Vrystaat het na bewering sy vrou verkrag.
Die slagoffer beweer volgens 'n polisieverklaring sy is 'n sangoma en was om 02:00 by die huis besig met kliënte. Haar man het na haar gekom en geëis dat hulle seksueel intiem moet wees.
Die slagoffer het geweier omdat sy besig was met haar werk.
Die verdagte het haar na bewering gegryp en haar met geweld na die kamer geneem. Hy het na bewering albei van hulle ontklee en haar sonder haar toestemming verkrag, en daarna gaan slaap.
Die slagoffer het besluit om dit aan te meld, en 'n saak van verkragting is aanhangig gemaak. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Zastron-landdroshof verskyn.









Comments