‘n VS Man vermoor glo sy pa ná 'n stryery oor ‘n sigaret
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 5
- 1 min read
'n Man van Vredefort in die Vrystaat het na bewering sy bejaarde pa so erg aangerand dat hy dae later aan sy beserings beswyk het. Die bewering is dat die oorledene en sy seun oor ’n sigaret gestry het.
Volgens woordvoerder sersant Josephine Rani het polisielede Sondag op ’n klagte van ’n beweerde aanranding gereageer. Met hul aankoms het beamptes die 61-jarige slagoffer, Ndode Lenong, op ’n bed aangetref met kopbeserings en ’n geswelde gesig.
Hy is na bewering deur sy seun met ’n onbekende voorwerp aangerand.
Lenong is na die Parys-hospitaal en later na ’n hospitaal in Bloemfontein geneem, waar hy aan sy beserings beswyk het.
Die polisie het die 32-jarige verdagte in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Vredefort op ’n aanklag van moord verskyn.








Comments