'n VS munisipaliteit aanvaar 'n wantrouemosie teen sy burgemeester
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 5
- 1 min read
Die raad van die Tswelopele-munisipaliteit in die Vrystaat het ’n mosie van wantroue teen sy burgemeester, Kenalemang Phukuntsi, aanvaar en haar uit die amp verwyder hangende ondersoeke na bewerings van wangedrag teen haar.
Sy is ook op spesiale verlof geplaas totdat die ondersoeke afgehandel is.
Netwerk24 berig Mantso Radienyane, wat voorheen as hoofsweep van die raad gedien het, is as die nuwe burgemeester gekies. Radienyane het gesê sy aanvaar die verantwoordelikheid met nederigheid en met ’n vaste verbintenis om die inwoners van Tswelopele te dien.
In die mosie van wantroue is verskeie bewerings teen die burgemeester uiteengesit. Dit sluit in die gebruik van beledigende taal teenoor amptenare en raadslede, inmenging in administratiewe prosesse, die uitsluiting van raadslede by die aanstellingsprosesse vir die uitgebreide openbarewerkeprogram (EPWP), die misleiding van die raad oor onreëlmatige komiteevergaderings en die aanstel van ’n waarnemende munisipale bestuurder, wie se kontrak vroeër deur die LUR beëindig is.








Comments