'n VS munisipaliteit bestee meer aan salarisse as wat wat dit in staatsubsidies ontvang
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 3
- 1 min read
Die Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat bestee meer aan salarisse, voordele en bonusse as wat dit in staatsubsidies ontvang.
Netwerk24 berig die munisipaliteit het dit in die parlement erken. Die munisipaliteit sê in sy voorlegging aan die staande komitee oor openbare rekeninge dat sy debiteure teen 31 Januarie vanjaar R2,1 miljard beloop het, terwyl ’n maandelikse gemiddelde betaling van R5,3 miljoen ontvang is. Dit is ’n gemiddelde van 19% van dit wat die munisipaliteit moet inkry.
Die munisipaliteit is in Februarie vanjaar onder administrasie geplaas, en in April is kommer uitgespreek oor die munisipaliteit se salarisrekening van R15 miljoen per maand ondanks swak dienslewering.
Na bewering word geld wat vir dienslewering bedoel is, herlei om salarisuitgawes te dek.








Comments