'n VS munisipaliteit is gereed om 'n 'koning' te verwyder
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit in die Vrystaat is gereed om die Rooimiere te ontplooi om ’n sogenaamde koning en sy volgelinge uit die Platberg-natuurreservaat in die Harrismith-distrik te verwyder, indien die hof in sy guns beslis.
Netwerk24 berig dit is volgens die munisipale bestuurder, Mzwakhe Mofokeng. Volgens Mofokeng sal uitspraak in die hooggeregshofaansoek in Bloemfontein teen onder andere “koning” Letsitsa Moloi van die Bakholokoe-stam na verwagting binnekort gelewer word.
Mofokeng sê hy is nou geïrriteerd met Moloi, wat volgens hom die reservaat reeds in 2023 gekaap het. Hy beklemtoon ook dat Moloi ’n vals koning is en nie deur die regering as een erken word nie. Moloi se broer, Thabo Moloi, sê egter dit is koninklike bloed in hul are en die regering hoef hulle nie te erken nie; hulle moet die regering erken.
Hy het bevestig dat hulle die munisipaliteit toegang tot die reservaat weier en die publiek toegangsgeld vra.





Comments