top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n VS munisipaliteit kry ‘n nuwe burgemeester kort voor die verkiesing

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
1 hour ago
1 min read

’n Nuwe burgemeester is vir die Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat verkies, net meer as ’n maand voor die munisipale verkiesing.


Netwerk24 berig die ANC se Mamokete Lekaota is verkies, nadat die vorige burgemeester, Dimakatso Elizabeth Modise, onlangs verwyder is.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder Lekaota is tweede op die ANC se proporsionele kandidatelys in die munisipaliteit vir die munisipale verkiesing in November.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Die woordvoerder van die munisipaliteit, Zongezile Ntjwabule, sê die verbetering van dienslewering is Lekaota se hooffokus, veral volhoubare waterverskaffing. Sy beoog ook om stabiliteit in die bestuur en administrasie van die munisipaliteit te bring.


Die munisipaliteit is een van sewe Vrystaatse munisipaliteite waarvan die ANC in Augustus verlede jaar die leierskorps vir herstrukturering geoormerk het. Die Masilonyana-munisipaliteit bedien Theunissen, Brandfort, Winburg en Verkeerdevlei.


Mamokete Lekaota. FOTO: Facebook
Mamokete Lekaota. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page