'n VS munisipaliteit se raad het drie maande om te ontbind

Die Ngwathe-munisipaliteit in die Vrystaat moet ingevolge ’n hofbevel binne die volgende drie maande onder meer die munisipale raad ontbind, ’n kurator aanstel en ’n herstelplan implementeer om die munisipaliteit se lewering van basiese dienste en die nakoming van finansiële verpligtinge te verseker.
Netwerk24 berig die burgerregteorganisasie AfriForum sê daarmee saam moet ’n tydelike begroting ook goedgekeur word. Indien die munisipaliteit nie die bevel binne die vasgestelde tydperk nakom nie, kan ’n aansoek van minagting by die hof ingedien word.
Ngwathe bedien Parys, Vredefort, Heilbron, Koppies en Edenville.
Dié stap volg nadat die konstitusionele hof die munisipaliteit se aansoek om verlof tot appèl met koste van die hand gewys en beslis het dat daar geen redelike vooruitsig op sukses is nie.
AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek, Alta Pretorius, sê hulle sal die munisipaliteit se nakoming van die hofbevel ook monitor en in samewerking met hul regspan optree indien nodig.









Comments