'n VS munsipaliteit ontbind
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Die Ngwathe plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat moet ontbind. Die konstitusionele hof het eenparig beslis dat die munisipaliteit se appèl geen redelike kans op sukses het nie.
Dit bring ’n einde aan ’n regstryd van verskeie jare wat begin het toe die burgerregte-organisasie AfriForum in Mei 2024 die saak na die Hooggeregshof in Bloemfontein geneem het.
Nova News berig die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering, Tradisionele Sake en Menslike Nedersettings het Dinsdag aangekondig dat dié munisipaliteit se raad formeel ontbind is en dat ingrypingsmaatreëls reeds ingestel is om bestuur, aanspreeklikheid en dienslewering te herstel.
Die uitspraak is die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaanse hof die ontbinding van ’n plaaslike owerheid suksesvol afdwing, en dit kan ’n belangrike presedent skep vir soortgelyke diensleweringsake regoor die land.








Comments