'n VS pad is tydelik gesluit ná 'n skietvoorval

May 15
1 min read
Die R26 tussen Tweeling en Reitz in die Vrystaat is nou weer oop nadat dit Donderdagaand tydelik weens ’n aktiewe misdaadtoneel ná ’n skietvoorval gesluit was.
Polisiewoordvoerder, sersant Josephine Rani, sê in 'n verklaring volgens 'n voorlopige verslag is drie mans en een vrou dood nadat hulle deur aanvallers aangeval en geskiet is. 'n Vyfde slagoffer is in ’n kritieke toestand na ’n nabygeleë hospitaal gehaas.
Die ondersoek duur voort.









Comments