‘n VS pluimveeprojek toon glo min tekens van vordering

5 days ago
1 min read
Die pluimveeprojek by Virginia in die Vrystaatse Goudveld is glo so vervalle en geplunder dat daar min sigbare tekens van die projek oor is.
Netwerk24 berig die projek het die Vrystaatse regering R52 miljoen gekos. Die projek is tussen 2014 en 2017 in drie fases gebou en was daarop gemik om 40 000 hoenders te huisves.
Dit sou ook bygedra het tot die transformasie van die landbousektor deur eienaarskap aan 17 jong begunstigdes te gee. Die projek was ook bedoel om werkgeleenthede vir inwoners van Virginia en Meloding in die Matjhabeng-munisipaliteit te skep.
Die Vrystaatse departement van landbou het nie op navrae gereageer nie.









Comments