‘n VS polisielid dreig glo om ‘n kollega te skiet
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 4
- 1 min read
Die familie van ’n administratiewe klerk by die polisiekantoor in Philippolis in die Vrystaat vrees vir haar lewe nadat ’n adjudantoffisier glo vroeër gedreig het dat hy haar en ander beamptes gaan doodskiet.
Netwerk24 berig die man het glo verlede week aan die klerk gesê hy moet in ’n psigiatriese hospitaal in Bloemfontein opgeneem word, anders gaan hy mense skiet.
Hy is glo na ’n psigiatriese hospitaal verwys omdat hy probleme met die stasiebevelvoerder het. Hy het ook glo vroeër aan ’n kolonel gesê hy gaan die stasiebevelvoerder skiet, en dat hy toegang tot die vuurwapenkluis het.
Volgens berigte het die klerk die offisier glo nie ernstig opgeneem nie en grappenderwys vir hom gesê hy moet haar los om te werk. Hierop het hy glo geantwoord hy kom ook vir haar en dat sy nie kan ontsnap nie, want haar kantoor het tralies.
Polisiewoordvoerder, brigadier Thandi Mbambo, sê die saak is by distriksbestuur aangemeld en geniet die nodige aandag.








Comments