'n VS polisievrou word nasionaal vereer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
'n Vrystaatse lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en voormalie nasionale laureaat, sersant Thato Mothamane, het 'n nasionale toekenning gewen.
Sy het die eerste plek behaal in die Women Changing the World in Rural and Regional Areas Impact- toekenning vir haar volgehoue werk in jeugmisdaadvoorkoming, skooluitreikprogramme, mentorskapinisiatiewe en bemagtigingsprojekte. Dié projekte is daarop gemik om leerders op te hef en gemeenskappe te versterk, veral in landelike en onderbediende gebiede.
Volgens 'n polisieverklaring vereer die Women Changing the World South Africa- toekennings uitsonderlike vroue wat gemeenskappe, nywerhede en die toekoms regoor Suid-Afrika transformeer. Die toekennings vorm deel van die wêreldwye Women Changing The World Awards.
Die toekenningsgeleentheid is in North Riding, Johannesburg, gehou.
Die verklaring sê voorts Mothamane se prestasie is ’n trotse mylpaal vir die Vrystaat en beklemtoon die impakvolle werk wat gedoen word om gemeenskappe te bemagtig, misdaad te voorkom en jong mense te inspireer.








Comments