top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n VS sekuriteitsman is hof toe vir kubermisdaad

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 28
  • 1 min read

’n Sakeman van Welkom in die Vrystaat het in die Bloemfonteinse streekhof verskyn op aanklagte van kubermisdaad, bedrog en beweerde kuberafpersing.


Netwerk24 berig Alfred White, wat ’n veiligheidswinkel in Welkom bedryf en ook deel is van die Hertzogville Virtus-beheerkamer, word aangekla van bedrog, met alternatiewe aanklagte ingevolge die Wet op die Regulering van die Private Veilgheidsbedryf. Hy word ook aangekla van die stuur van ’n databoodskap wat glo skade aan eiendom dreig, beweerde kuberafpersing, en onwettige toegang tot rekenaarstelsels en data. Bykomende klagte sluit in die inmenging met rekenaardata en -programmatuur, die onwettige gebruik van wagwoorde of toegangskodes, asook regsverydeling.


Die Suid-Afrikaanse Plaas- en Inligtingsentrum (Sapis) sê in ’n mediaverklaring die saak hou verband met beweerde onwettige inmenging met outomatiese nommerplaatherkenning-kamerastelsels en netwerkinfrastruktuur wat deel vorm van landelike veiligheids- en misdaadbestrydingsinisiatiewe.


Volgens Sapis het die beweerde optrede gelei tot die ontwrigting van sekere strategiese kamerastelsels op nasionale roetes.


Die saak is tot 17 Junie vir verdere verrigtinge uitgestel.


Alfred White. FOTO: Netwerk24
Alfred White. FOTO: Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page