'n VS skoolmeisie publiseer haar derde boek

'n Tienermeisie van Virginia in die Vrystaat het onlangs haar derde boek gepubliseer.
Netwerk24 berig die 15-jarige Ruzé Lombaard se debuutboek, Maanplante, is reeds in gedrukte formaat beskikbaar, terwyl haar tweede boek, The Cursed Town, in September en die derde boek, Beneath the Waves, in Oktober digitaal uitgebring is.
Die laaste twee se gedrukte weergawes word later verwag.
Lombaard sê Beneath the Waves neem lesers na ’n fantasiewêreld van geheimsinnige wesens, antieke legendes en onderwater-avonture, en dit het haar sowat 18 maande geneem om te voltooi.
Ná skool wil sy in die regte studeer sodat sy kwesbare vroue, kinders en diere kan help en vir hul regte kan veg. Sy werk ook aan ’n handleiding vir kwesbare vroue, met die doel om hulle te help om uit moeilike situasies te kom.









Comments