‘n VS slagpale ondersoek bloederige water

'n Slagpale in Parys in die Vrystaat het 'n deeglike ondersoek van stapel gestuur nadat die Ngwathe-munisipaliteit vingers gewys het oor afvalwater met ’n bloederige kleur.
Netwerk24 berig die woordvoerder van die Ngwathe-munisipaliteit, Steve Naale, sê hy het ’n tweede nakomingskennisgewing aan die Luken Abattoir uitgereik oor afvalwater met ’n bloederige kleur wat in ’n park in Parys vloei.
Naale beweer Luken Abattoir behandel nie die afvalwater wat van die slagpale se vloer afkomstig is soos deur sy omgewingsmagtiging vereis word nie. Hy sê daar behoort geen rooi kleur in hul uitvloeisel te wees nie.
Die slagpale is met hul eerste kennisgewing in Oktober 2025 drie maande gegun om dit reg te stel, maar het versuim om dit te doen. Die munisipaliteit het dus Dinsdag ’n tweede kennisgewing uitgereik.
Die higiënebestuurder van Luken Abattoir, Anton le Roux, sê hulle sal formeel deur die toepaslike regskanale reageer sodra hul ondersoek afgehandel is.








Comments