'n VS slimkop verteenwoordig SA by 'n internasionale akademie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 7
- 1 min read
‘n Graad 10-leerder van Kroonstad in die Vrystaat is gekies om Suid-Afrika by die AFS Global STEM Academy in Brasilië te verteenwoordig. Die 16-jarige Mosa Mokalobe is een van slegs drie Suid-Afrikaners wat gekies is vir die program, wat tot 31 Julie duur.
IOL berig Mokalobe se navorsing het gefokus op voedselsekerheid, verantwoordelike verbruik en gesondheid, en is geïnspireer deur haar familie se boerderyaktiwiteite.
Die AFS Global STEM Academy is ’n internasionale niewinsgewende inisiatief wat interkulturele leer bevorder, terwyl dit jongmense toerus met die kennis en vaardighede wat nodig is om te help bou aan ’n meer regverdige en vreedsame wêreld.
Die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, het Mokalobe geluk gewens met haar prestasie en haar vertroue uitgespreek dat sy die provinsie en Suid-Afrika met onderskeiding sal verteenwoordig.








Comments