'n VS voetganger word gedwing om sy broek uit te trek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 27
- 1 min read
'n Man wat langs die R546-pad tussen Vrede en Cornelia in die Vrystaat gestap het, is gedwing om sy sekuriteitsuniformbroek uit te trek en na ‘n oop veld te hardloop. Die slagoffer, 'n sekuriteitsbeampte van ‘n informele nedersetting buite Vrede, is ook beroof.
'n Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê die slagoffer was Donderdag op pad werk toe in Cornelia toe hy deur twee onbekende mans genader is. Die verdagtes het na bewering ‘n vuurwapen op hom gerig, hom beveel om te sit en hom deursoek. Hulle het hom van ‘n onbekende bedrag kontant uit sy beursie, sy vuurwapenlisensie en sy amptelike toegangskaart beroof.
Die Vrede-polisie het een van die twee gewapende verdagtes in hegtenis geneem wat na bewering betrokke was, en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.








Comments