top of page

'n VS vrou sit lank vir moord en ontvoering

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 26
  • 1 min read

Die jong vrou wat weens die moord op ’n boer in die Suid-Vrystaat en die ontvoering en verkragting van sy vrou teregstaan, is ná ’n pleit-en-vonnisooreenkoms in die hooggeregshof in Bloemfontein tot 30 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis.


Netwerk24 berig Mmaditaba Ramabele, wat die aanval op 7 Desember 2024 in die Goedemoed-distrik saam met haar kêrel uitgevoer het, het ook skuld beken op die ontvoering van en moord op haar driejarige susterskind, Mohlolo Ramabele.


Haar kêrel, Tebello Lucas Ntomane, is deur die polisie doodgeskiet toe hy by ’n padversperring geweier het om uit die boere-egpaar se gesteelde voertuig te klim.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page