top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n VS vroueboer wil Consortium Beef voorlopig laat likwideer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 5 days ago
  • 1 min read

’n Vroueboer van die Postmasburg-distrik in die Vrystaat het ’n hooggeregshofaansoek gebring om die landboukoöperasie Consortium Beef voorlopig te laat likwideer.


Netwerk24 berig die vroueboer sê Consortium Beef, waarvan die Vrystaatse beesboer Jaco de Villiers ’n direkteur is, skuld haar meer as R1,46 miljoen vir beeste wat sy in die koöperasie belê het.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder die aansoek word ondersteun deur Kobus van der Westhuizen van Bethlehem, vir wie Consortium Beef na bewering meer as R9,83 miljoen skuld.


LUISTER HIER:


Ilde Roos


TRANSKRIPSIE:


Van der Westhuizen word saam met Juan Botha aangekla nadat hulle na bewering op 7 April by De Villiers se plaas in die Senekal-distrik opgedaag en sy hond doodgeskiet het. Hulle het glo ook trekkerbande beskadig en hooi aan die brand gesteek. Die beskuldigdes het na bewering ook drie keer in die bestuurderskant van De Villiers se bakkie vasgery. Die insident het ’n storm om De Villiers se kop laat losbars toe talle bewerings dat hy mense met saketransaksies ingeloop het, begin opduik het.


Luidens die vroueboer se aansoek het verskeie ander krediteure of geraakte persone bevestig dat hulle vee of geld aan Consortium Beef oorhandig het, dat hulle nie betaal is nie, en dat toegang en inligting nie op versoek verskaf is nie. Haar aansoek voer aan Consortium Beef is kommersieel insolvent en dat daar geen redelike kans is dat die koöperasie sy skuld sal kan vereffen of weer lewensvatbaar kan word nie. De Villiers het op ’n versoek om kommentaar gesê daar kan luidens regsadvies nie gereageer word nie.


Jaco de Villiers. FOTO: Landbou
Jaco de Villiers. FOTO: Landbou

 
 
 

Comments


bottom of page