'n VS wetstoepasser is hof toe vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 13
- 1 min read
’n Munisipale wetstoepassingsbeampte van Maluti-a-Phofung het in die Phuthaditjhaba-landdroshof in die Vrystaat verskyn nadat hy in hegtenis geneem is vir die beweerde onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Die Valke sê die beampte, wat as ’n nabye beskermingsbeampte van die munisipale bestuurder dien, is Donderdag in hegtenis geneem nadat ondersoekbeamptes inligting ontvang het dat hy onwettig vuurwapens besit. ’n Vuurwapen en ammunisie is na bewering tydens ’n deursoeking by ’n munisipale lokaal gevind, terwyl bykomende vuurwapens, magasyne en ammunisie by sy huis gevind is.
Ondersoekbeamptes het verder vasgestel dat die Bloemfonteinse landdroshof die verdagte in 2021 ongeskik verklaar het om ’n vuurwapen te besit.








Comments