'n VS wyksverkiesing is deur 'n muntgooi beslis

'n Wyksverkiesing in die Vrystaat is deur 'n muntgooi beslis nadat kandidate gelyke stemme ontvang het.
Eyewitness News berig in wyk 14 van die Maluti-a-Pofung-munisipaliteit in die Harrismith-omgewing het die ANC en die African Communist Movement (ACM) gelyke stemme ontvang. Ná die muntgooi het die ACM die wyk gewen.
Dieselfde proses is by drie ander wyksverkiesings in die Oos-Kaap, Limpopo en Mpumalanga gevolg.
Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Mosotho Moepya sê die wet maak voorsiening vir hierdie proses om gelyke stemme te beslis.
Intussen het munisipaliteite regoor Suid-Afrika 14 dae tyd om raadsvergaderings te belê nadat verkose raadslede in die Staatskoerant afgekondig is.
Die OVK het die lys Vrydag gepubliseer, wat die finale fase van die plaaslike regeringsverkiesing aandui.










Comments